-
Esra 1:1-3Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
1 In die eerste jaar van koning Kores+ van Persië het Jehovah hom beweeg* om ’n aankondiging regoor sy koninkryk te laat maak. Dit het vervul wat Jehovah deur middel van Jeremia+ gesê het. Die aankondiging, wat die koning ook laat neerskryf het,+ het gesê:
2 “Dít is wat koning Kores van Persië sê: ‘Jehovah, die God van die hemel, het al die koninkryke van die aarde aan my gegee,+ en hy het my die opdrag gegee om vir hom ’n huis in Jerusalem,+ wat in Juda is, te bou. 3 Mag julle God met elkeen van julle wees wat deel van sy volk is, en laat hom na Jerusalem, wat in Juda is, gaan en die huis herbou van Jehovah, die God van Israel, die ware God, wie se huis in Jerusalem was.*
-