-
Esra 9:3, 4Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
3 Die oomblik toe ek hiervan hoor, het ek my kleed en my moulose oorkleed geskeur en van die hare van my kop en my baard uitgetrek, en ek het in skok gaan sit. 4 Toe het almal wat diep respek vir die woorde van die God van Israel gehad het,* om my bymekaargekom as gevolg van die ontrouheid van die ballinge.* Ek het in skok gesit totdat dit tyd was vir die graanoffer in die aand.+
-
-
Daniël 9:3-5Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
3 Toe het ek tot Jehovah, die ware God, gebid en hom om hulp gesmeek. Ek het gevas,+ saklinne gedra en as oor my gegooi. 4 Ek het tot Jehovah my God gebid en die sondes van my volk bely en gesê:
“O Jehovah, die ware God, u is die groot en ontsagwekkende Een wat u verbond hou en wat lojale liefde betoon+ aan almal wat u liefhet en u gebooie gehoorsaam.+ 5 Ons het gesondig en gedoen wat verkeerd is en het goddeloos opgetree en in opstand gekom.+ Ons het nie by u gebooie en u oordele gebly nie.
-