-
Esra 9:1, 2Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
9 En onmiddellik nadat hierdie dinge gedoen is, het die leiers na my toe gekom en gesê: “Die volk Israel en die priesters en die Leviete het hulle nie van die volke van die lande en van hulle afskuwelike gebruike+ afgesonder nie, dié van die Kanaäniete, die Hetiete, die Perissiete, die Jebusiete, die Ammoniete, die Moabiete, die Egiptenare+ en die Amoriete.+ 2 Hulle het van hulle dogters as vrouens vir hulleself en vir hulle seuns geneem.+ Nou het hulle, die heilige nageslag,*+ met die volke van die lande vermeng geraak.+ Die leiers en die amptenare het die voortou geneem in hierdie ontrouheid.”
-
-
Maleagi 2:7, 8Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
7 Want die lippe van ’n priester moet kennis bewaar, en mense moet by hom oor die wet* leer,+ want hy is die boodskapper van Jehovah van die leërmagte.
8 “Maar julle het nie op die weg gebly nie. Julle het baie in die wet* laat struikel.+ Julle het die verbond van Levi vernietig,”+ sê Jehovah van die leërmagte.
-