Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • 2 Konings 24:12
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 12 Koning Jojaʹgin van Juda en sy ma, sy knegte, sy hoë amptenare en sy hofbeamptes+ het hulle oorgegee aan die koning van Babilon.+ In die agtste regeringsjaar van die koning van Babilon het hy Jojaʹgin gevange geneem.+

  • 2 Konings 24:14
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 14 Hy het die hele Jerusalem, al die amptenare,+ al die dapper vegters en al die ambagsmanne en metaalwerkers*+ in ballingskap weggeneem – hy het 10 000 in ballingskap weggeneem. Net die armste mense van die land is agtergelaat.+

  • 2 Kronieke 36:17
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 17 Daarom het hy die koning van die Galdeërs+ teen hulle laat optrek, wat hulle jong manne in hulle heiligdom*+ met die swaard doodgemaak het.+ Hy het nie jammer gevoel vir jong manne of maagde, oumense of swakkes nie.+ God het alles in sy hand gegee.+

  • 2 Kronieke 36:20
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 20 Hy het almal wat nie met die swaard doodgemaak is nie, as gevangenes na Babilon geneem,+ en hulle het vir hom en sy seuns knegte geword+ totdat die koninkryk van Persië begin regeer het+

  • Jeremia 39:9
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 9 Nebusaraʹdan,+ die hoof van die wagte, het die res van die volk wat in die stad oorgebly het, die mense wat na hom oorgeloop het en almal wat agtergebly het, in ballingskap na Babilon weggeneem.

  • Jeremia 52:15
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 15 Nebusaraʹdan, die hoof van die wagte, het van die arm mense van die volk en die res van die volk wat in die stad oorgebly het, in ballingskap weggeneem. Hy het ook die mense geneem wat na die koning van Babilon oorgeloop het, sowel as die res van die vaardige ambagsmanne.+

  • Jeremia 52:28
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 28 Die aantal mense wat Nebukadneʹsar* in die sewende jaar in ballingskap weggeneem het, was 3 023 Jode.+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel