Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • 1 Kronieke 28:9
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 9 “En jy, my seun Salomo, jy moet die God van jou vader leer ken, en jy moet hom met jou hele hart*+ en ’n vreugdevolle* siel* dien, want Jehovah deursoek alle harte,+ en hy sien elke begeerte* en gedagte.+ As jy hom soek, sal hy sorg dat jy hom vind,+ maar as jy hom verlaat, sal hy jou vir ewig verwerp.+

  • Psalm 62:12
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 12 Lojale liefde behoort ook aan u, o Jehovah,+

      want u beloon elkeen volgens sy dade.+

  • Spreuke 24:12
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 12 As jy sê: “Maar ons het nie daarvan geweet nie,”

      sal die Een wat harte* ondersoek, dit opmerk.+

      Ja, die Een wat sy oog op jou hou, sal weet

      en sal elkeen volgens sy dade terugbetaal.+

  • Jeremia 32:19
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 19 U voorneme is groot* en u dade is magtig,+ u wie se oë al die weë van die mense sien,+ om aan elkeen te gee volgens sy weë en volgens wat hy doen.+

  • Esegiël 33:20
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 20 “Maar julle het gesê: ‘Jehovah tree nie regverdig op nie.’+ Ek sal elkeen van julle volgens sy dade oordeel, huis van Israel.”

  • Romeine 2:6
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 6 En hy sal elkeen volgens sy werke terugbetaal:+

  • 2 Korintiërs 5:10
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 10 Want ons moet almal voor die regterstoel van die Christus verskyn,* sodat elkeen kan kry wat hy verdien vir die dinge wat hy gedoen het terwyl hy in hierdie liggaam was, of dit nou goed of sleg* is.+

  • Galasiërs 6:7
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 7 Moenie mislei word nie: God laat hom nie bespot nie. Want wat ’n mens saai, dit sal hy ook oes.+

  • 1 Petrus 1:17
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 17 En as julle die Vader aanroep wat onpartydig is wanneer hy elkeen se werk oordeel,+ moet julle julle met vrees gedra+ solank julle tydelike inwoners is.

  • Openbaring 22:12
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 12 “‘Kyk! Ek kom gou, en ek sal aan elkeen gee volgens sy werk.+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel