-
Deuteronomium 6:21Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
21 dan moet jy vir jou seun sê: ‘Ons het slawe van Farao in Egipte geword, maar Jehovah het ons met ’n magtige hand uit Egipte uitgelei.
-
-
Deuteronomium 11:18, 19Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
18 “Jy moet hierdie woorde van my in jou hart en jou siel* bewaar en dit as ’n herinnering op jou hand bind, en dit moet soos ’n band op jou voorkop* wees.+ 19 Leer dit vir jou kinders en praat daaroor wanneer jy in jou huis sit en wanneer jy op die pad loop en wanneer jy gaan lê en wanneer jy opstaan.+
-
-
Josua 4:6, 7Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
6 sodat dit as ’n teken onder julle kan dien. As julle kinders* julle later vra: ‘Hoekom lê hierdie klippe hier?’+ 7 dan moet julle vir hulle sê: ‘Omdat die water van die Jordaanrivier voor die ark+ van Jehovah se verbond opgehou vloei het. Toe dit deur die Jordaanrivier gedra is, het die water van die Jordaanrivier opgehou vloei. Hierdie klippe sal as ’n permanente gedenkteken* vir die Israeliete dien.’”+
-