-
2 Kronieke 36:17-19Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
17 Daarom het hy die koning van die Galdeërs+ teen hulle laat optrek, wat hulle jong manne in hulle heiligdom*+ met die swaard doodgemaak het.+ Hy het nie jammer gevoel vir jong manne of maagde, oumense of swakkes nie.+ God het alles in sy hand gegee.+ 18 Hy het al die voorwerpe, groot en klein, van die huis van die ware God, sowel as die skatte van die huis van Jehovah en die skatte van die koning en sy hoë amptenare na Babilon geneem.+ 19 Hy het die huis van die ware God afgebrand,+ die muur van Jerusalem afgebreek,+ al die versterkte torings aan die brand gesteek en alles wat van waarde was, verwoes.+
-