7 Want die wingerd van Jehovah van die leërmagte is die huis van Israel.+
Die manne van Juda is die wingerd waarvoor hy lief was.
Hy het bly hoop op geregtigheid,+
maar daar was net ongeregtigheid.
Hy het bly hoop op regverdigheid,
maar daar was net ’n geroep om hulp.”+