17 En hulle het dit gedoen. Aäron het sy hand, met sy staf, uitgesteek en die stof van die grond geslaan, en daar het muggies op mens en dier gekom. In die hele Egipte het al die stof van die grond muggies geword.+
24 En Jehovah het dit gedoen, en digte swerms steekvlieë het die huis van Farao en die huise van sy knegte en die hele Egipte begin binnedring.+ Die land is deur die steekvlieë verwoes.+