Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Deuteronomium 12:31
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 31 Julle mag Jehovah julle God nie so aanbid nie, want hulle doen vir hulle gode elke afskuwelike ding wat Jehovah haat. Hulle verbrand selfs hulle seuns en hulle dogters met vuur vir hulle gode.+

  • 2 Konings 16:1
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 16 Agas,+ die seun van koning Jotam van Juda, het in die 17de jaar van Peka, die seun van Remaʹlia, koning geword.

  • 2 Konings 16:3
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 3 Hy het eerder die weg van die konings van Israel gevolg,+ en hy het selfs sy eie seun as ’n offerande in die vuur verbrand*+ omdat hy die afskuwelike gebruike gevolg het van die nasies+ wat Jehovah voor die Israeliete uit verdryf het.

  • 2 Konings 17:17, 18
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 17 Hulle het ook hulle seuns en hulle dogters as offerandes in die vuur verbrand,*+ en hulle het waarsêery beoefen+ en na tekens* gesoek. Hulle het bly doen* wat sleg is in Jehovah se oë en het hom aanstoot gegee.

      18 Daarom het Jehovah so kwaad vir Israel geword dat hy hulle voor hom verwyder het.+ Hy het niemand laat oorbly behalwe die stam van Juda nie.

  • Jeremia 7:30, 31
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 30 ‘Want die volk van Juda het gedoen wat sleg is in my oë,’ sê Jehovah. ‘Hulle het hulle walglike afgode opgerig in die huis wat my naam dra, om dit onrein te maak.+ 31 Hulle het die offerhoogtes van Tofet gebou, wat in die Vallei van die Seun van Hinnom*+ is, om hulle seuns en hulle dogters in die vuur te verbrand,+ iets wat ek nie beveel het nie en wat nooit eers in my hart opgekom het nie.’*+

  • 1 Korintiërs 10:20
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 20 Nee, maar ek sê dat die nasies hulle offers aan demone offer en nie aan God nie,+ en ek wil nie hê dat julle by die demone moet aansluit nie.+

Afrikaanse publikasies (1975-2026)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel