-
Handelinge 1:16-20Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
16 “Manne, broers, die heilige gees het deur Dawid ’n profesie uitgespreek oor Judas,+ wat diegene wat Jesus gearresteer het, na hom toe gelei het.+ Daardie Skrifgedeelte moes vervul word. 17 Want hy was een van ons+ en is gekies om aan hierdie bediening deel te neem. 18 (Hierdie selfde man het ’n stuk grond gekoop met die geld wat hy vir sy onregverdigheid gekry het.+ Hy het kop eerste geval, sy liggaam het oopgebars* en al sy binnegoed het uitgekom.+ 19 Al die inwoners van Jerusalem het hiervan gehoor, en daarom is die stuk grond in hulle taal Akeldaʹma genoem, wat “bloedgrond” beteken.) 20 Want daar is in die boek van die Psalms geskryf: ‘Laat sy woonplek verlate word, en laat daar geen inwoner daarin wees nie’,+ en: ‘Laat iemand anders sy opsienersamp neem.’+
-