2 En ek het gekyk en ’n wit perd gesien,+ en die een wat daarop sit, het ’n boog gehad, en ’n kroon is vir hom gegee,+ en hy het uitgegaan om te oorwin en om sy oorwinning te voltooi.+
5 En sy het geboorte gegee aan ’n seun,+ ’n manlike kind, wat met ’n ysterstaf as herder teenoor al die nasies sal optree.+ En haar kind is weggeruk na God en na sy troon.
11 Ek het gesien dat die hemel oop is, en kyk! ’n wit perd.+ En die een wat daarop sit, word Getrou+ en Betroubaar+ genoem, en hy oordeel en voer oorlog in regverdigheid.+
15 En uit sy mond kom ’n skerp, lang swaard+ waarmee hy die nasies sal vernietig, en hy sal met ’n ysterstaf as herder teenoor hulle optree.+ Hy trap ook die wynpers van die groot woede van God die Almagtige.+