26 Aan iemand wat lojaal is, is u lojaal.+
Aan iemand wat getrou is, is u getrou.+
27 Vir die een wat rein is, toon u dat u rein is,+
maar deur die een wat bedrieglik is, word u nie bedrieg nie.+
28 En u red die nederiges,+
maar u oë is teen die hoogmoediges, en u verneder hulle.+
29 O Jehovah, u is my lamp.+
Dit is Jehovah wat my duisternis lig maak.+
30 Met u hulp kan ek ’n rowerbende bestorm,
en deur God se krag kan ek teen ’n muur opklim.+
31 Die weg van die ware God is volmaak,+
en die woord van Jehovah is suiwer.+
Hy is ’n skild vir almal wat beskerming by hom kom soek.+