-
Jeremia 33:20, 21Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
20 “Dít is wat Jehovah sê: ‘As julle my verbond van die dag en my verbond van die nag kon verbreek om te keer dat dag en nag op die regte tyd kom,+ 21 slegs dan sou my verbond met my kneg Dawid verbreek kon word,+ sodat hy nie ’n seun sou hê wat as koning op sy troon regeer nie.+ Dieselfde geld vir my verbond met die Levitiese priesters, my dienaars.+
-
-
Handelinge 2:30, 31Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
30 Hy was ’n profeet en het geweet dat God hom met ’n eed belowe het dat Hy een van sy nakomelinge op sy troon sou laat sit,+ en daarom 31 het hy die opstanding van die Christus vooraf gesien en daaroor gepraat. Hy het gesê dat Christus nie in die Graf* agtergelaat sou word nie en dat sy liggaam* ook nie sou ontbind nie.+
-