-
Eksodus 8:6Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
6 Toe het Aäron sy hand oor die waters van Egipte uitgesteek, en die paddas het begin opkom en die land bedek.
-
-
Eksodus 9:10Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
10 Toe het hulle die roet uit ’n oond geneem en voor Farao gaan staan, en Moses het dit in die lug gegooi, en dit het etterende swere geword wat op mens en dier uitgebreek het.
-
-
Eksodus 10:12Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
12 Jehovah het toe vir Moses gesê: “Steek jou hand uit oor Egipte, sodat die sprinkane oor Egipte kan kom en al die plante van die land kan opeet, alles wat die hael laat oorbly het.”
-
-
Eksodus 10:21Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
21 Jehovah het toe vir Moses gesê: “Steek jou hand na die hemel toe uit, sodat daar duisternis oor Egipte kan wees. Dit sal so donker wees dat ’n mens amper daaraan sal kan vat.”
-