-
Eksodus 14:27, 28Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
27 Moses het dadelik sy hand oor die see uitgesteek, en die see het teen dagbreek na sy normale toestand teruggekeer. Terwyl die Egiptenare daarvan weggevlug het, het Jehovah hulle in die see afgeskud.+ 28 Die waters wat teruggevloei het, het die strydwaens bedek, sowel as die perderuiters en Farao se hele leërmag wat agter die Israeliete aan in die see ingegaan het.+ Nie eers een van hulle is gespaar nie.+
-