-
Spreuke 5:23Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
23 Hy sal sterf omdat daar geen dissipline was nie
en afdwaal as gevolg van sy groot dwaasheid.
-
-
Maleagi 3:5Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
5 “Ek sal nader kom na julle toe vir die oordeel, en ek sal gou wees om te getuig teen die towenaars,+ teen die egbrekers, teen dié wat ’n valse eed aflê,+ teen dié wat die gehuurde werker bedrieg,+ teen dié wat die weduwee en die weeskind* onderdruk+ en teen dié wat weier om die uitlander te help.*+ Hulle het my nie gevrees nie,” sê Jehovah van die leërmagte.
-
-
1 Korintiërs 6:9, 10Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
9 Of weet julle nie dat onregverdige mense God se Koninkryk nie sal erf nie?+ Moenie mislei word nie. Mense wat seksueel onsedelik*+ is, afgode aanbid,+ egbreuk pleeg,+ sowel as mans wat toelaat dat hulle vir homoseksuele dade gebruik word,+ mans wat homoseksualiteit beoefen,*+ 10 diewe, mense wat gierig is,+ dronkaards,+ mense wat ander uitskel* en afpersers sal God se Koninkryk nie erf nie.+
-