11 God het toe vir hom gesê: “Omdat jy nie vir ’n lang lewe of rykdom of die dood van jou vyande gevra het nie, maar eerder vir insig om regsake te verhoor,+ 12 sal ek jou gee waarvoor jy gevra het.+ Ek sal jou ’n wyse en verstandige hart gee+ soos niemand voor jou gehad het of ná jou sal hê nie.+