6 Dít is wat Jehovah sê,
die Koning van Israel+ en sy Terugkoper,+ Jehovah van die leërmagte:
‘Ek is die eerste en ek is die laaste.+
Daar is geen ander God as ek nie.+
7 Wie is soos ek?+
Laat hy dit bekend maak en dit aan my bewys!+
Laat hy vertel wat nog gaan gebeur
sowel as wat nog sal kom,
soos ek gedoen het van die tyd af dat ek die volk van lank gelede gevorm het.