-
Matteus 12:15-18Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
15 Toe Jesus daarvan uitvind, het hy daarvandaan vertrek. Baie het hom gevolg,+ en hy het hulle almal genees, 16 maar hy het hulle streng beveel om nie bekend te maak wie hy is nie,+ 17 sodat vervul sou word wat deur middel van die profeet Jesaja gesê is:
18 “Kyk! My kneg+ wat ek uitgekies het, my geliefde, wat ek* goedgekeur het!+ Ek sal my gees op hom plaas,+ en hy sal aan die nasies duidelik maak wat geregtigheid is.
-