9 En hy het gesê: “Gaan sê vir hierdie volk:
‘Julle sal keer op keer hoor,
maar julle sal nie verstaan nie.
Julle sal keer op keer sien,
maar julle sal geen kennis verkry nie.’+
10 Maak die hart van hierdie volk ongevoelig,+
laat hulle ore toegaan,+
en maak hulle oë toe,
sodat hulle nie met hulle oë sien
en met hulle ore hoor nie,
en sodat hulle hart nie verstaan nie,
en sodat hulle nie terugdraai en genees word nie.”+