Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Jesaja 5:7
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    •  7 Want die wingerd van Jehovah van die leërmagte is die huis van Israel.+

      Die manne van Juda is die wingerd waarvoor hy lief was.

      Hy het bly hoop op geregtigheid,+

      maar daar was net ongeregtigheid.

      Hy het bly hoop op regverdigheid,

      maar daar was net ’n geroep om hulp.”+

  • Jesaja 59:15
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 15 Die waarheid* het verdwyn,+

      en enigiemand wat wegdraai van wat sleg is, word ’n slagoffer.

      Jehovah het dit gesien, en hy was ontevrede,*

      want daar was geen geregtigheid nie.+

  • Jeremia 5:1
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 5 Gaan deur die strate van Jerusalem.

      Kyk rond en let op.

      Deursoek die openbare pleine om te sien

      of julle iemand kan vind wat met geregtigheid optree,+

      iemand wat probeer om getrou te wees,

      en ek sal die stad vergewe.

  • Amos 6:12
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 12 Hardloop perde op ’n krans

      of sal iemand daar met beeste ploeg?

      Want julle het geregtigheid in ’n gifplant verander,

      en die vrug van regverdigheid in als.*+

  • Habakuk 1:4
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    •  4 So verloor die wet sy krag,

      en geregtigheid word nooit uitgevoer nie.

      Want die goddeloses omring die regverdiges,

      en daarom word geregtigheid verdraai.+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel