-
Deuteronomium 31:16, 17Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
16 Jehovah het toe vir Moses gesê: “Jy gaan nou sterf,* en hierdie volk sal die vreemde gode begin aanbid* wat in die land is waarheen hulle gaan.+ Hulle sal my verlaat+ en my verbond verbreek wat ek met hulle gemaak het.+ 17 Dan sal my woede teen hulle opvlam,+ en ek sal hulle verlaat+ en my gesig van hulle af wegdraai,+ totdat hulle verslind is. En nadat baie rampspoed oor hulle gekom het en hulle baie swaargekry het,+ sal hulle sê: ‘Het hierdie rampspoed nie oor ons gekom omdat ons God nie by ons is nie?’+
-
-
Miga 3:4Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
4 Dan sal hulle tot Jehovah om hulp roep,
maar hy sal hulle nie antwoord nie.
-