3 Hy sal oordeel tussen baie volke+
en sake regstel in verband met magtige nasies wat ver is.
Hulle sal ploegskare maak van hulle swaarde,
en snoeimesse van hulle spiese.+
Nasie sal nie teen nasie die swaard opneem nie,
en hulle sal ook nie meer leer om oorlog te voer nie.+
4 Hulle sal elkeen onder sy wingerdstok en onder sy vyeboom sit,+
en niemand sal hulle bang maak nie,+
want Jehovah van die leërmagte het dit gesê.