-
2 Konings 19:1-4Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
19 Toe koning Hiskiʹa dit hoor, het hy sy klere geskeur en saklinne aangetrek en in die huis van Jehovah ingegaan.+ 2 Toe het hy Eljaʹkim, wat oor die huishouding* was, Sebna, die sekretaris, en die hoofde van die priesters saklinne laat aantrek en hulle na die profeet Jesaja,+ die seun van Amos, gestuur. 3 Hulle het vir hom gesê: “Dít is wat Hiskiʹa sê: ‘Vandag is ’n dag van rampspoed, van belediging* en van skande. Dit is soos wanneer ’n kind gereed is om gebore te word, maar daar geen krag is om geboorte te gee nie.+ 4 Miskien sal Jehovah u God al die woorde hoor van die Rabʹsake, wat deur sy heer, die koning van Assiʹrië, gestuur is om die lewende God uit te tart,+ en hom straf vir die woorde wat Jehovah u God gehoor het. Bid+ dus vir die oorblyfsel wat nog lewe.’”
-