-
Josua 10:29, 30Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
29 Toe het Josua en die hele Israel van Makkeʹda na Libna gegaan en teen Libna+ geveg. 30 Jehovah het hierdie stad en sy koning+ ook in Israel se hand gegee, en hulle het die stad en almal daarin met die swaard doodgemaak sonder om ’n enkele oorlewende te laat oorbly. Hulle het met sy koning gedoen net soos hulle met die koning van Jeʹrigo gedoen het.+
-
-
2 Konings 19:8-13Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
8 Nadat die Rabʹsake gehoor het dat die koning van Assiʹrië van Lagis+ af weggetrek het, het hy teruggekeer na die koning, wat besig was om teen Libna te veg.+ 9 Die koning het gehoor dat koning Tirhaʹka van Etiopië op pad was om teen hom te veg. Daarom het hy weer boodskappers+ na Hiskiʹa toe gestuur en gesê: 10 “Dít is wat julle vir koning Hiskiʹa van Juda moet sê: ‘Moenie dat jou God op wie jy vertrou, jou bedrieg deur te sê: “Jerusalem sal nie in die hand van die koning van Assiʹrië gegee word nie.”+ 11 Jy het gehoor wat die konings van Assiʹrië met al die lande gedoen het. Hulle het dit vernietig.+ Sal jy die enigste een wees wat gered word? 12 Is die nasies wat deur my voorvaders vernietig is, deur hulle gode gered? Waar is Gosan, Haran,+ Resef en die mense van Eden wat in Tel-Assar was? 13 Waar is die koning van Hamat, die koning van Arpad, die koning van die stad Sefarwaʹim, die koning van Hena en die koning van Iwwa?’”+
-