Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • 2 Konings 25:9-11
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 9 Hy het die huis van Jehovah,+ die koning se paleis+ en al die huise van Jerusalem+ afgebrand. Hy het ook die huise van al die vooraanstaande manne afgebrand.+ 10 En die hele Galdese leërmag wat saam met die hoof van die wagte was, het die mure om Jerusalem afgebreek.+ 11 Nebusaraʹdan, die hoof van die wagte, het die res van die volk wat in die stad oorgebly het, die mense wat na die koning van Babilon oorgeloop het en die res van die bevolking in ballingskap weggeneem.+

  • 2 Kronieke 36:17
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 17 Daarom het hy die koning van die Galdeërs+ teen hulle laat optrek, wat hulle jong manne in hulle heiligdom*+ met die swaard doodgemaak het.+ Hy het nie jammer gevoel vir jong manne of maagde, oumense of swakkes nie.+ God het alles in sy hand gegee.+

  • 2 Kronieke 36:19
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 19 Hy het die huis van die ware God afgebrand,+ die muur van Jerusalem afgebreek,+ al die versterkte torings aan die brand gesteek en alles wat van waarde was, verwoes.+

  • Nehemia 1:3
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 3 Hulle het geantwoord: “Dit gaan baie sleg met dié wat nog daar in die provinsie* is en wat die gevangenskap oorleef het, en almal spot met hulle.+ Die mure van Jerusalem is afgebreek,+ en sy poorte is met vuur verbrand.”+

  • Jeremia 52:13-15
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 13 Hy het die huis van Jehovah, die koning se paleis en al die huise van Jerusalem afgebrand.+ Hy het ook elke groot huis afgebrand. 14 En die hele Galdese leërmag wat saam met die hoof van die wagte was, het die mure om Jerusalem afgebreek.+

      15 Nebusaraʹdan, die hoof van die wagte, het van die arm mense van die volk en die res van die volk wat in die stad oorgebly het, in ballingskap weggeneem. Hy het ook die mense geneem wat na die koning van Babilon oorgeloop het, sowel as die res van die vaardige ambagsmanne.+

Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel