-
2 Konings 22:12, 13Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
12 Daarna het die koning die volgende bevel gegee aan die priester Hilkiʹa, aan Ahiʹkam,+ die seun van Safan, aan Agbor, die seun van Migaʹja, aan Safan, die sekretaris, en aan Asaʹja, die koning se kneg: 13 “Gaan raadpleeg Jehovah vir my, vir die volk en vir die hele Juda in verband met die woorde van hierdie boek wat gevind is, want Jehovah is woedend vir ons+ omdat ons voorvaders ongehoorsaam was aan die woorde van hierdie boek en omdat hulle nie alles gedoen het wat vir ons voorgeskryf is nie.”
-