Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Jesaja 11:11
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 11 In daardie dag sal Jehovah weer sy hand uitsteek, ’n tweede keer, om die oorblyfsel van sy volk terug te bring uit Assiʹrië,+ Egipte,+ Patros,+ Kus,+ Elam,+ Siʹnear,* Hamat en die eilande van die see.+

  • Jeremia 50:19
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 19 En ek sal Israel na sy weiveld terugbring,+ en hy sal in Karmel en in Basan wei,+ en op die berge van Eʹfraim+ en van Giʹlead+ sal hy versadig word.’”

  • Esegiël 39:27
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 27 Wanneer ek hulle uit die volke terugbring en hulle uit die lande van hulle vyande bymekaarmaak,+ sal ek my ook voor die oë van baie nasies onder hulle heilig.’+

  • Amos 9:14
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 14 Ek sal die gevangenes van my volk Israel terugbring,+

      en hulle sal die verwoeste stede herbou en bewoon.+

      Hulle sal wingerde plant en die wyn daarvan drink+

      en tuine maak en die vrugte daarvan eet.’+

  • Sefanja 3:20
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 20 In dié tyd sal ek julle inbring,

      in die tyd wanneer ek julle bymekaarmaak.

      Want ek sal sorg dat julle geëer* en geprys word+ onder al die volke van die aarde,

      wanneer ek julle gevangenes voor julle oë laat terugkeer,” sê Jehovah.+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel