13 Hy het ook teen koning Nebukadneʹsar in opstand gekom,+ al het Nebukadneʹsar hom voor God laat sweer dat hy getrou aan hom sal bly. En hy het hardkoppig gebly* en sy hart bly verhard en geweier om Jehovah, die God van Israel, te dien.
15 Maar die koning het uiteindelik teen hom in opstand gekom+ deur sy boodskappers na Egipte te stuur om perde+ en ’n groot leërmag by hulle te kry.+ Sal hy suksesvol wees? Sal die een wat hierdie dinge doen, straf vryspring? Kan hy die verbond verbreek en nog steeds wegkom?’+