-
Jeremia 8:10-12Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
10 Daarom sal ek hulle vrouens aan ander mans gee,
hulle landerye aan ander eienaars,+
want hulle almal maak oneerlike wins, van die kleinste tot die grootste,+
hulle almal pleeg bedrog, van die profeet tot die priester.+
11 Hulle probeer om die wonde* van die dogter van my volk op ’n oppervlakkige manier te genees deur te sê:
“Daar is vrede! Daar is vrede!”
terwyl daar geen vrede is nie.+
12 Kry hulle skaam oor die afskuwelike dinge wat hulle gedoen het?
Hulle kry glad nie skaam nie!
Hulle weet nie eers hoe om verneder te voel nie!+
Daarom sal hulle val soos dié wat reeds geval het.
Wanneer ek hulle straf, sal hulle struikel,’+ sê Jehovah.
-