-
2 Konings 17:13Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
13 Jehovah het Israel en Juda bly waarsku deur middel van al sy profete en al die sieners+ en gesê: “Draai om en los julle slegte weë!+ Gehoorsaam my gebooie en my wetsbepalings – alles in die wet wat ek julle voorvaders beveel het om te gehoorsaam en wat ek deur middel van my knegte, die profete, aan julle gestuur het.”
-
-
Nehemia 9:17Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
17 Hulle het geweier om te luister+ en het nie gedink aan u buitengewone dade wat u onder hulle gedoen het nie. Hulle het egter hardkoppig geword* en ’n leier aangestel sodat hulle weer slawe in Egipte kon word.+ Maar u is ’n God wat vryelik vergewe,* wat medelye* en genade betoon, wat nie gou kwaad word nie en wat vol lojale liefde* is,+ en u het hulle nie verlaat nie.+
-