-
Deuteronomium 12:29-31Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
29 “Wanneer Jehovah julle God die nasies vernietig wie se land julle in besit moet neem+ en julle in hulle land woon, 30 moet julle versigtig wees dat julle nie verstrik word nadat hulle voor julle uitgeroei is nie. Moenie oor hulle gode vra: ‘Hoe het hierdie nasies hulle gode gedien?’ en sê: ‘Ek sal dit ook doen’ nie.+ 31 Julle mag Jehovah julle God nie so aanbid nie, want hulle doen vir hulle gode elke afskuwelike ding wat Jehovah haat. Hulle verbrand selfs hulle seuns en hulle dogters met vuur vir hulle gode.+
-
-
2 Kronieke 33:6Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
6 Hy het ook sy eie seuns as offerandes in die vuur verbrand*+ in die Vallei van die Seun van Hinnom.+ Hy het toorkuns beoefen,+ van waarsêery gebruik gemaak en mense aangestel wat geeste oproep,* sowel as fortuinvertellers.+ Hy het baie dinge gedoen wat sleg is in Jehovah se oë en hom aanstoot gegee.
-
-
Esegiël 20:31Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
31 En maak julle julle tot vandag toe nog steeds onrein deur offerandes te bring aan al julle walglike afgode, deur julle kinders as offerandes in die vuur te verbrand?*+ Moet ek dan reageer op julle vrae, o huis van Israel?”’+
“‘So waar as wat ek lewe,’ sê die Soewereine Heer Jehovah, ‘ek sal nie op julle vrae reageer nie.+
-