-
Esegiël 8:16Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
16 Toe het hy my na die binneste voorhof van die huis van Jehovah+ geneem. Daar by die ingang van die tempel van Jehovah, tussen die portaal en die altaar, was omtrent 25 manne met hulle rûe na die tempel van Jehovah en hulle gesigte na die ooste. Hulle het voor die son neergebuig, na die ooste toe.+
-
-
Sefanja 1:4, 5Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
4 “Ek sal my hand teen Juda
en teen al die inwoners van Jerusalem uitsteek.
Ek sal elke spoor van Baäl uit hierdie plek uitroei,+
die naam van die priesters van vreemde gode asook die ander priesters,+
5 en dié wat op die dakke neerbuig voor die leërmag van die hemel,+
en dié wat neerbuig en sweer dat hulle lojaal sal bly aan Jehovah+
terwyl hulle ook sweer dat hulle lojaal sal bly aan Malkam,+
-