-
Jesaja 65:2Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
2 Ek het my hande die hele dag deur uitgestrek na ’n hardkoppige volk,+
na dié wat op die verkeerde weg is,+
wat hulle eie gedagtes volg,+
-
Esegiël 20:8Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
8 “‘“Maar hulle het teen my in opstand gekom en wou nie na my luister nie. Hulle het nie die afskuwelike dinge weggegooi wat voor hulle was nie, en hulle wou nie die walglike afgode van Egipte verlaat nie.+ Ek het dus belowe om my woede in Egipte oor hulle uit te stort en dit heeltemal teen hulle los te laat.
-
-
Sagaria 7:11, 12Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
11 Maar hulle het bly weier om aandag te skenk,+ en hulle was hardkoppig+ en hulle wou nie luister nie.+ 12 Hulle het hulle hart so hard soos ’n diamant* gemaak.+ En hulle wou nie gehoorsaam wees aan die wet* en die woorde wat Jehovah van die leërmagte deur sy gees deur middel van die vroeëre profete gestuur het nie.+ Daarom het Jehovah van die leërmagte woedend geword.”+
-
-
-