-
Jeremia 16:10, 11Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
10 “Wanneer jy hierdie boodskap aan hierdie volk oordra, sal hulle vir jou vra: ‘Hoekom het Jehovah van hierdie groot rampspoed teen ons gepraat? Watter oortreding en watter sonde het ons teen Jehovah ons God gepleeg?’+ 11 Jy moet hulle antwoord: ‘“Julle voorvaders het my verlaat,”+ sê Jehovah, “en hulle het aangehou om ander gode te volg en hulle te dien en voor hulle neer te buig.+ Hulle het my verlaat, en hulle het my wet nie gehoorsaam nie.+
-