-
2 Konings 23:29, 30Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
29 In sy dae het farao Nego, die koning van Egipte, na die koning van Assiʹrië by die Eufraatrivier gegaan, en koning Josiʹa het teen hom gaan veg. Maar toe Nego hom sien, het hy hom by Megidʹdo doodgemaak.+ 30 Daarna het sy knegte sy lyk in ’n strydwa van Megidʹdo na Jerusalem geneem en hom in sy graf begrawe. Toe het die volk Joʹahas, die seun van Josiʹa, gesalf en hom in die plek van sy pa koning gemaak.+
-