-
Jeremia 29:31, 32Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
31 “Stuur die volgende boodskap aan al die ballinge: ‘Dít is wat Jehovah oor Semaʹja van Neheʹlam sê: “Omdat Semaʹja vir julle geprofeteer het, hoewel ek hom nie gestuur het nie, en hy julle probeer kry het om op leuens te vertrou,+ 32 sê Jehovah: ‘Ek rig my aandag op Semaʹja van Neheʹlam en op sy nakomelinge. Nie een van sy familielede sal onder hierdie volk oorleef nie, en hy sal nie die goeie sien wat ek vir my volk sal doen nie,’ sê Jehovah, ‘want hy het opstandigheid teen Jehovah aangehits.’”’”
-