5 Toe het elkeen wat beweeg is* deur die ware God, naamlik die hoofde van die vaderhuise van Juda en van Benjamin en die priesters en die Leviete hulle voorberei om te gaan en die huis van Jehovah, wat in Jerusalem was, te herbou.
3 “Dan sal ek die oorblyfsel van my skape bymekaarmaak uit al die lande waarheen ek hulle verstrooi het,+ en ek sal hulle terugbring na hulle weiveld,+ en hulle sal vrugbaar wees en baie word.+
17 “Daarom moet jy sê: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Ek sal julle ook bymekaarmaak uit die volke en julle uit die lande versamel waarheen julle verstrooi is, en ek sal die land van Israel aan julle gee.+
11 En die volk van Juda en van Israel sal verenig word+ en sal vir hulle een hoof kies en hulle sal uit die land wegtrek, want die dag van Jisʹreël+ sal ’n groot dag wees.