Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Matteus 26:27, 28
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 27 Hy het ook ’n beker geneem, ’n dankgebed gedoen en dit vir hulle gegee en gesê: “Drink almal daaruit,+ 28 want dit beteken my ‘bloed+ van die verbond’,+ wat uitgestort sal word sodat baie mense+ se sondes vergewe kan word.+

  • Lukas 22:20
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 20 Nadat hulle die aandmaal geëet het, het hy dieselfde met die beker gedoen en gesê: “Hierdie beker beteken die nuwe verbond+ wat bevestig* word deur my bloed,+ wat vir julle uitgestort sal word.+

  • 1 Korintiërs 11:25
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 25 Nadat hulle die aandmaal geëet het, het hy ook dieselfde met die beker gedoen+ en gesê: “Hierdie beker beteken die nuwe verbond+ wat bevestig word deur my bloed.+ Hou aan om dit as ’n herinnering aan my te doen wanneer julle daaruit drink.”+

  • Hebreërs 8:8-12
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 8 Hy vind fout met die volk wanneer hy sê: “‘Kyk! Die dae kom,’ sê Jehovah,* ‘wanneer ek met die huis van Israel en met die huis van Juda ’n nuwe verbond sal maak. 9 Dit sal nie wees soos die verbond wat ek met hulle voorvaders gemaak het op die dag toe ek hulle hand gevat het om hulle uit Egipte uit te lei nie.+ Want hulle het nie in my verbond gebly nie, en daarom het ek opgehou om vir hulle om te gee,’ sê Jehovah.*

      10 “‘Want dit is die verbond wat ek ná daardie dae met die huis van Israel sal maak,’ sê Jehovah.* ‘Ek sal my wette in hulle verstande sit, en ek sal dit in hulle harte skryf.+ En ek sal hulle God word, en hulle sal my volk word.+

      11 “‘Hulle sal nie meer elkeen sy medeburger en elkeen sy broer leer en sê: “Ken Jehovah!”* nie. Want hulle almal sal my ken, van die kleinste tot die grootste onder hulle. 12 Want ek sal hulle vergewe vir hulle onregverdige dade, en ek sal nie meer aan hulle sondes dink nie.’”+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel