14 Want die versterkte toring is verlate.
Die lawaaierige stad is leeg.+
Ofel+ en die wagtoring het ’n permanente wildernis geword,
’n paradys vir die wildedonkies,
’n weiveld vir die kuddes.+
15 Dit sal so wees totdat die gees van bo af oor ons uitgestort word+
en die wildernis ’n vrugteboord word
en die vrugteboord as ’n woud beskou word.+