20 Jehovah het verder vir Aäron gesê: “Jy sal nie ’n erfdeel in hulle land hê nie, en jy sal nie onder hulle ’n deel van die grond kry nie.+ Ek is jou deel en jou erfdeel onder die Israeliete.+
18“Die Levitiese priesters, ja, die hele stam van Levi, sal nie ’n deel of ’n erfdeel saam met Israel ontvang nie. Hulle sal eet van die vuuroffers van Jehovah, wat sy erfdeel is.+
14 Dit was net die stam van die Leviete wat nie ’n erfdeel by hom ontvang het nie.+ Die vuuroffers van Jehovah, die God van Israel, is hulle erfdeel,+ net soos hy hulle belowe het.+
4 Dit sal ’n heilige deel uit die land vir die priesters wees,+ die dienaars van die heiligdom, wat nader kom om Jehovah te dien.+ Dit sal ’n plek vir hulle huise wees, en ’n heilige plek vir die heiligdom.