-
Nehemia 10:35-37Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
35 Ons sal ook die eerste opbrengs van ons land en die eerste ryp vrugte van elke soort vrugteboom jaar ná jaar na die huis van Jehovah bring,+ 36 sowel as die eersgeborenes van ons seuns en ons vee+ – volgens wat in die Wet geskryf is – en die eersgeborenes van ons beeste en ons kleinvee. Ons sal hulle na die huis van ons God bring, na die priesters wat in die huis van ons God dien.+ 37 Ons sal ook die eerste* van ons growwe meel,+ ons bydraes, die vrugte van elke soort boom,+ nuwe wyn en olie+ na die priesters bring, na die stoorkamers* van die huis van ons God.+ Ons sal ook die tiende van ons land na die Leviete bring,+ want dit is die Leviete wat die tiendes in al ons landboustede insamel.
-