-
2 Kronieke 16:2, 3Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
2 Toe het Asa silwer en goud uit die skatkamers van Jehovah se huis+ en die koning se paleis geneem en dit na koning Ben-Hadad van Sirië,+ wat in Damaskus gewoon het, gestuur en gesê: 3 “Daar is ’n ooreenkoms* tussen my en u en tussen my pa en u pa. Ek stuur vir u silwer en goud. Breek u ooreenkoms* met koning Baäsa van Israel, sodat hy van my af sal wegtrek.”
-