28 Hulle is almal die hardkoppigste mense,+
en hulle loop rond as lasteraars.+
Hulle is soos koper en yster.
Hulle is almal korrup.
29 Die blaasbalk is geskroei.
Uit die vuur daarvan kom lood.
Daar word heeltyd intensief gelouter, maar dit is verniet.+
En dié wat sleg is, is nie afgeskei nie.+
30 Mense sal hulle beslis weggooisilwer noem,
want Jehovah het hulle verwerp.”+