-
Esegiël 16:36, 37Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
36 Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Jy het jou lus uitgestort en jou kaal uitgetrek gedurende jou prostitusie met die mans met wie jy ’n seksuele verhouding het en met al jou afskuwelike, walglike afgode*+ aan wie jy selfs die bloed van jou kinders geoffer het.+ 37 Daarom bring ek almal bymekaar met wie jy ’n seksuele verhouding het en aan wie jy genot verskaf het, almal vir wie jy lief was en almal wat jy gehaat het. Ek sal hulle van oral af teen jou bymekaarbring en jou kaal uittrek vir hulle, en hulle sal jou heeltemal kaal sien.+
-