-
Jeremia 52:24-27Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
24 Die hoof van die wagte het ook die hoofpriester Seraʹja,+ die tweede priester Sefanʹja+ en die drie deurwagters saamgeneem.+ 25 Hy het ook een hofbeampte wat oor die soldate aangestel was, uit die stad geneem, sowel as sewe van die koning se raadgewers wat in die stad was, die sekretaris van die hoof van die leërmag, wat die volk van die land opgeroep het, en 60 manne van die gewone mense van die land wat nog in die stad was. 26 Nebusaraʹdan, die hoof van die wagte, het hulle na die koning van Babilon in Ribla geneem. 27 Die koning van Babilon het hulle doodgemaak in Ribla,+ in die land Hamat. So het Juda uit sy land in ballingskap gegaan.+
-