-
Daniël 4:31-33Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
31 Terwyl die koning nog gepraat het, het daar ’n stem uit die hemel gekom: “Vir jou word daar gesê, o koning Nebukadneʹsar: ‘Die koninkryk word van jou weggeneem,+ 32 en jy word van mense af weggejaag. Jy sal tussen die diere van die veld woon, en jy sal gras eet net soos ’n bees, en dit sal sewe tye lank so wees. Daarna sal jy weet dat die Allerhoogste die Heerser in die koninkryk van die mensdom is en dat hy dit gee aan wie hy ook al wil.’”+
33 Op daardie oomblik het dit met Nebukadneʹsar gebeur. Hy is van mense af weggejaag, en hy het gras begin eet net soos ’n bees, en sy liggaam is deur die dou van die hemel natgemaak, totdat sy hare lank geword het net soos die vere van ’n arend en totdat sy naels soos die kloue van voëls was.+
-