-
Daniël 5:11, 12Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
11 Daar is ’n man in u koninkryk wat die gees van die heilige gode het. In die tyd van u vader is kennis en insig en wysheid soos die wysheid van die gode in hom gevind.+ Koning Nebukadneʹsar, u vader, het hom as hoof van die towerpriesters, waarsêers, Galdeërs* en sterrevoorspellers aangestel.+ Dit is wat u vader gedoen het, o koning. 12 Want Daniël, aan wie die koning die naam Beltʹsasar+ gegee het, het buitengewone wysheid en kennis en insig om drome te openbaar, om raaisels te verduidelik en om moeilike probleme op te los.*+ Laat Daniël nou geroep word, en hy sal vir u sê wat die skrif beteken.”
-