-
Daniël 4:6, 7Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
6 Daarom het ek beveel dat al die wyse manne van Babilon na my toe gebring moet word, sodat hulle vir my kan sê wat die droom beteken.+
7 “Toe het die towerpriesters, die waarsêers, die Galdeërs* en die sterrevoorspellers+ na my toe gekom. Ek het vir hulle vertel wat ek gedroom het, maar hulle kon nie vir my sê wat dit beteken nie.+
-
-
Daniël 5:7, 8Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
7 Die koning het hard uitgeroep dat die waarsêers, die Galdeërs* en die sterrevoorspellers ingebring moet word.+ Die koning het vir die wyse manne van Babilon gesê: “As enige mens hierdie skrif kan lees en vir my kan sê wat dit beteken, sal ’n pers* kleed vir hom aangetrek word en ’n goue ketting om sy nek gehang word.+ En hy sal as die derde heerser in die koninkryk regeer.”+
8 Toe het al die wyse manne van die koning ingekom, maar hulle kon nie die skrif lees of vir die koning sê wat dit beteken nie.+
-